Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Daar is niks meer om te sê nie
Ek weet nie wat ek wil hê nie
Daar is niks meer om te sien nie
En alles raak nou blou.

Laslappies las komberse
Nie die gebroke mense
Of stukkies glas
Van ń siel wat lankal nie
Meer pas nie.

Maar dit keer my nie
Dit steur my nie
En ek sit en naald my
Lugkastele aan my vel.
Ń Asjmykomal op my voorkop
En ń golden great marriage
Op my linkerhand.

So spaar maar my lawaaiwater
En bring die tissues
Ons celebrate later
My twintowers en
Ander airplane-related issues

Dit is 11 September in my hart

Daar is niks meer om te sê nie
Ek weet nie wat ek wil hê nie
Daar is niks meer om te sien nie
En alles raak nou blou.

Bou nog ń lugkasteel
Vir jou.

Dit is altyd 11 September in my
Hart
Intwa Aug 20
Altyd ’n grappie of ’n storie,
keer op keer het jy jouself neergelê,
sodat ander kon lag,
sodat ander kon leef.

Met ’n gebreekte hart perdjie-perdjie gespeel,
met ’n komplekse psige jouself gedeel.
Keer op keer vir klein kindertjies se lag,
jy — die gebreekte spieël van jou lewe,
stukkies van die donker nag,
stukkies van onvergeetbare pret.

In die groter prentjie — ’n kunswerk,
fragmente van jou liefde diep geanker
in ons harte.

’n Man sonder krag,
wat oor en oor en oor
stukkies van homself gegee het.

— The End —