Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Johan Nel Jan 2020
Langwater slaap
langwater duister
ons het verslaap
tot moeder kom fluister

Vind ek myself
tot ek weer soek
die liefde gelees
in die lewe se boek

Seesand getrou
seesand ontbreek
die baai van my jeug
waar dorings nog steek

Ek is nog kind
die eerste geboorte
en so verbonde
is ek nie verstote

En so ver soos dit voel
kan ek nog luister
langwater slaap
langwater duister
© Johan Nel 2020.01.16 14:26

— The End —