Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Intwa Aug 20
Altyd ’n grappie of ’n storie,
keer op keer het jy jouself neergelê,
sodat ander kon lag,
sodat ander kon leef.

Met ’n gebreekte hart perdjie-perdjie gespeel,
met ’n komplekse psige jouself gedeel.
Keer op keer vir klein kindertjies se lag,
jy — die gebreekte spieël van jou lewe,
stukkies van die donker nag,
stukkies van onvergeetbare pret.

In die groter prentjie — ’n kunswerk,
fragmente van jou liefde diep geanker
in ons harte.

’n Man sonder krag,
wat oor en oor en oor
stukkies van homself gegee het.

— The End —